top of page
Pile of Newspapers
GarsCom Logo D PNG.png

GARSCOM WEEKLIKSE NUUS 26 OKTOBER 2026
GARSCOM BEHEERKAMER TELEFOON NOMMERS:

 

  • 012 993 0402

  • 084 550 0826

​

MISDAADVERSLAG:

​

  • Geen voorvalle is die afgelope week in GarsCom aangemeld nie.
  • Die meeste voorvalle wat die afgelope week by die polisie aangemeld is, het by winkelsentrums en ander openbare plekke soos 'n Gholfbaan, Kwekery ens. plaasgevind. Dit is belangrik dat, wanneer jy gaan inkopies doen of vir ontspanning 'n plek besoek, jy seker maak dat daar voldoende sekuriteit vir jou voertuig is.
  • Motors wat die afgelope week gesteel is, was byna almal op die sypaadjies geparkeer.
  • Nog maatreëls wat veral dié tyd van die jaar belangrik is om in ag te neem, is:
  • Moenie jou selfoon op die tafel langs jou sit wanneer jy 'n restaurant of koffiewinkel besoek nie. Selfone moet altyd op 'n veilige plek gebêre word, of buite sig in jou handsak of baadjiesak.
  • Wees altyd bewus van jou omgewing, of jy nou inkopies doen of gaan draf of stap.
  • Kinders kan maklik jou aandag aftrek in 'n winkel. Hierdie tyd van die jaar is dit warm en winkels is besig; daarom is dit aan te beveel dat jy liewer sonder jou kinders gaan inkopies doen as dit enigsins moontlik is. Indien jou kinders wel by jou is, sorg dat jou beursie en selfoon in jou handsak is wat kan toerits of deeglik kan toemaak. Die sakkerollers sal vir baie lank agter jou aanloop totdat hulle die geleentheid sien om jou te beroof sonder dat jy enigiets agterkom.
  • Wanneer jy inkopies doen en iemand of enige situasie trek jou aandag af van dit waarmee jy besig is, moet jy dit as 'n waarskuwing sien.
  • Jou straatnommer moet duidelik op jou sypaadjie, teen die heining of op die huis se muur aangebring word. Jy weet nooit wanneer jy die nooddienste nodig kry nie en dan is die enigste manier waarop hulle jou huis vinnig en effektief kan opspoor, wanneer jou straatnommer duidelik is.
  • Wees versigtig vir oproepe wat jou wil oortuig om persoonlike inligting te gee of om iets aan jou te verkoop.
 
GEMEENSKAPSNUUS:
 
  • Die GarsCom-maandvergadering wat vir vanaand geskeduleer was, word uitgestel tot latere kennisgewing.
  • Baie dankie aan almal wat Saterdag die patrolleerders by die Great Dane-park besoek het. Ons het 'n dag vol pret gehad en die påtrolleerders het hulle vernuf gewys deur leidrade deur die woonbuurt te volg. Indien jy by die wenspan wil aansluit en help om jou woonbuurt veilig en vriendelik te hou, skryf vandag nog aan enquiries@garscom.co.za.
  • Dit is nou die laaste week om jou bydrae te gee vir ons kosmaand. Ons skenk aan die einde van die maand nie-bederfbare kos, klere en selfs hondekos vir Pharos, die gemeenskapsentrum in Jacqueline-straat. Jy kan enige bydrae by die GarsCom-beheerkamer in St.Bernardstraat 925 aflaai. Indien jou straat reeds iemand het wat die bydraes kollekteer, kan jy dit so gou as moontlik by hulle inhandig.
  • Net weer 'n versoek asb. Bring dit onder jou tuinier se aandag dat die stormwaterdreins nie die plek vir gesnyde gras of enige onkruid of tuinafval is nie. Wanneer hulle 'n blaser gebruik moet dit nie in die stormwaterdreins geblaas word nie.
  • Indien jy meer inligting wil hê om by GarsCom aan te sluit, skryf asb
​
'n veilige week come almal,
GarsCom-groete,
Carol v Niekerk

Taalversorging en vertaling: Annemarie Schoeman, GarsCom-inwoner

2021 © GarsCom NPC (A company incorporated in terms of section 10 of the Companies Act 71 of 2008 (Old Section 21) Reg Nr 2007/012733/08 : 067-745-NPO

bottom of page