


GARSCOM WEEKLIKSE NUUS 14 September 2026
GARSCOM BEHEERKAMER TELEFOON NOMMERS:
-
012 993 0402
-
084 550 0826
MISDAADVERSLAG:
-
Verlede week was daar 2 voorvalle van heiningspringers gedurende die dag by die GarsCom beheerkamer aangemeld. Die oortreders kon nie opgespoor word nie en daar was ook niks gesteel nie. Indien jy iemand in jou straat sien wat doelloos rondloop, skakel dadelik die GarsCom beheerkamer en vra dat hulle die reaksie offisier uitstuur om ondersoek in te stel. Moenie versuim voordat jy so 'n situasie Aanmeld nie want dan daardie verdagte persoon reeds weg wees. Verder was daar geen voorvalle aangemeld nie.
-
Sakkerollers is veral by winkelsentrums bedrywig. Om jou selfoon in Jou Broek se agtersak te sit of in 'n
oop handsak rond te dra is 'n -
Uitnodiging vir die skelms om jou foon maklik te gryp sonder dat jy eers bewus sal wees daarvan.
-
Kinders en huishulpe loop dikwels op straat met hulle selfone en werk of gesels met iemand op die foon. Die polisie beveel aan dat,wanneer jy op straat loop, jy liewer jou selfoon so dra dat nie opsigtelik is nie. Om te draf of te stap met oorfone is baie gevaarlik want jy is onbewus van wat om jou aangaan. Dit is vir so 'n grypdief dan baie maklik om jou foon te gryp sonder dat jy bewus is van hulle teenwoordigheid.
-
Indien jy bereid is om deel van ons patrolliespanne te word, skryf vir ons asseblief 'n epos na enquiries@garscom.co.za vir meer inligting.
GEMEENSKAPSNUUS:
-
Die werk by die ingang van GarsCom in St. Bernardstraat vorder goed. Gaan loer gerus hoe dit lyk by die heining van Engen wat grens aan Solomon Mahlangu na GarsCom se "vetplanthoekie" of "succulent corner". Daar is egter nog baie spasie waar ons mooi vetplante kan plant. Indien jy enige van die volgende soort plante het waarvan ons stiggies kan maak, sal dit ons baie help: Rooiplakkie,Kaapse vygies, Vuurplant, of enige ander vetplant wat as Grondbedekker kan dien. Verder het ons nog meer sakke sement en Rivier sand nodig om al die sypaadjies te bou.
-
Onthou vir elke nuwe GarsCom lid in September bou ons nog 'n Meter ekstra voetpaadjie by. Skryf vandag nog vir enquiries@garscom.co.za om meer inligting te kry of skakel my direk by 073 220 3528. Jy kan nou volg wat GarsCom alles doen deur "yesGarscom" op Instagram en TikTok te volg.
Veilige week come almal,GarsCom
groete
Carol v Niekerk
Taalversorging en vertaling: Corrie Els, GarsCom inwoner